Noord-Oos Vrystaat Posduif Federasie

Vlerkfees Vliegduif & Jag Veiling 2026

Bied aanlyn via SwiftVEE vir wêreldklas vliegduiwe en 3 eksklusiewe Bosveld-jagpakkette van top wildsplase ten bate van plaaslike liefdadigheid.

Veiling Sluit Oor:
00
Dae
00
Ure
00
Min
00
Sek
Bie Nou Op SwiftVEE Sien Jagpakkette

Agtergrond van die Posduifveiling

Die bekende duiweveiling bestaan al 16 jaar en het reeds meer as R1 miljoen aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Omdat Vlerkfees ook daarop fokus om fondse vir Nie-winsgewende Organisasies (NWO's) in te samel, het ons in samewerking met Johan Smalberger besluit om hierdie opwindende kompetisie deel van die fees te maak.

Die opbrengste van die veiling ondersteun kritieke plaaslike begunstigdes, insluitend die SAVF Tehuis vir Bejaardes, SAVF Maatskaplike Kantoor, OOO-Stigting en die Marico Bosveld Akademie.

Top 5 Bieërs - Belonings

As deel van die Vlerkfees veiling se beloningsprogram sal die vyf hoogste bod wat gedurende die veiling geplaas word, elk met 'n ekstra vliegduif beloon word:

  • Die Top 5 bonusduiwe word onderskeidelik toegeken aan die 1ste tot 5de hoogste bod geplaas.
  • Hierdie bonusduiwe word as ekstra inskrywings tot die vliegkompetisie toegeken.
  • Bieders kry hiermee 'n bykomende geleentheid om vir die boerpot mee te ding.

Het jy vrae? Kontak ons:

Kontak Johan Smalberger vir any navrae of bystand:
📞 Sel: 082 648 9773 | 💬 WhatsApp: Stuur Boodskap

Eksklusiewe Jagpakkette Op Veiling

Bie op hierdie ongelooflike jagpakkette, geskenk deur vooraanstaande wildsplase. Almal sluit luukse verblyf en voertuie in.

O.J. Goosen Boerdery

Eksklusiewe Jagervaring

'n Premium Bosveld-jagpakket insluitend luukse verblyf vir 8 persone en 1 voertuig se koste ingesluit.

Wild Ingesluit:
• 2 x Blesbok Ooie
• 2 x Blou- of Swartwildebees Koeie
• 2 x Gemsbokke
• 2 x Rooihartebees Koeie óf Sebras

Bie Nou

Arendshoek Gasteplaas

Bosveld- & Jagervaring

Geleë op 'n krans met asemrowende uitsigte oor die Marico. Sluit in verblyf vir 8 persone vir 'n heerlike wegbreek en 1 jagvoertuig.

Wild Ingesluit:
• 2 x Blesbok Ramme & 2 x Blesbok Ooie
• 2 x Swartwildebees Bulle
• 2 x Swartwildebees Koeie
• 1 x Lechwe Bul

Bie Nou

Tswenyane Safaris

Uitsig Kamp Wegbreek

'n Fantastiese wegbreek vir 4 persone in die 25,000+ hektaar Uitsig Kamp wildreservaat. Sluit in 1 voertuig se koste.

Wild Ingesluit:
• 1 x Koedoe Bul
• 2 x Vroulike Koedoe
• 2 x Vroulike Rooibok of Blesbok
• 2 x Varke

Bie Nou

Hoe om aanlyn te bie op SwiftVEE

Biedings is maklik, veilig, en word regstreeks hanteer op die voorste platform vir aanlyn-veiling.

1

Registreer

Besoek die amptelike veiling bladsy en skep 'n gratis rekening op SwiftVEE om te kan bie.

2

Plaas Bod

Kies die duif of die jagpakket waarop jy wil bie en plaas jou bod voor 7 Augustus om 12:00.

3

Invordering

Sodra die veiling sluit en jy die hoogste bieër is, sal die komitee kontak maak vir reëlings.

Gaan na SwiftVEE Veiling-portaal