1 Augustus 2026 | Hoërskool Zeerust
Sprei jou vlerke oor: Teken in...

Kom Sprei Jou Vlerke!

Die grootste familie-musiekfees in Noordwes en premium plaasfees in die Bosveld! Sluit by ons aan in die historiese Marico Bosveld vir top nasionale kunstenaars, 'n wye reeks MTB bergfietswedrenne, en heerlike kunsstalletjies - alles ten bate van plaaslike liefdadigheid.

Hekke Maak Oop

04:30 (MTB) | 11:00 (Musiek)

Transaksies

Slegs Kaart / Cashless

Seremoniemeester

Riaan Van Rensburg

Algemene Inligting

Alles wat jy moet weet om jou dag by die Vlerkfees 2026 ten volle te geniet.

Geriewe & Reëls

Bring jou eie kampstoel of hooi baal saam vir die musiekfees. Daar is 'n gelisensieerde biertent beskikbaar (slegs kaarttransaksies) asook 'n wye verskeidenheid kosstalletjies met smaaklike bosveldkos. Neem asseblief kennis dat GEEN kontant aanvaar word op die terrein nie.

MTB Bergfietsuitdaging

Skryf in vir ons jaarlikse Vlerkfees MTB Challenge. Ons bied drie pragtige roetes aan vir verskillende fiksheidsvlakke: 60km, 40km en 15km. Die MTB veldhekke maak reeds om 04:30 oop. Inskrywings word hanteer via MyActive.co.za.

Skryf Nou In

Kindervermaak

Ons bied 'n veilige en prettige area vir Kindervermaak vir kinders onder 12 jaar. Kinders onder 7 jaar moet vergesel wees van 'n toesighouer (18+). Die Kindervermaak-area bied toesig vir kinders van 8 tot 12 jaar. Toegang sluit 'n warmbrak (hot dog) en koeldrank in.

Musiekverhoog Lineup Hekke maak oop 11:00

12:00 Leo Sonskyn
13:00 Alwyn Oberholster
14:00 Leo Sonskyn
15:00 Irene-Louise van Wyk
16:15 Barto
17:30 Bernice West
19:00 Bok van Blerk
21:00 - 22:30 Bongo-Freestyle

MTB Uitdaging Hekke maak oop 04:30

08:00 60km Wegspring
08:20 40km Wegspring
08:40 15km Wegspring
Inskrywings & Kaartjies (MyActive)
Kontantpryse en reëls vir die Vlerkfees MTB bergfietswedren in die Marico Bosveld Afstande en roete-inligting vir die Vlerkfees MTB Challenge bergfietswedren

Feesarea & Parkering Uitleg

Feesarea Uitleg

Feesarea verhoog en stalletjie-uitleg kaart by Hoërskool Zeerust

Parkering Uitleg

Parkering-areas en logistieke padkaart vir Vlerkfees besoekers

Kaartjies Individuele Toegang

Algemene Toegang Toegang na die musiekfees area en die hoofkroeg (slegs kaarte).
R250
Hoërskoolkind (14 - 18jr) Toegangskaartjie vir leerders tussen 14 en 18 jaar oud.
R150
Pensioenaris (65+) Afslagkaartjie vir feesgangers van 65 jaar en ouer.
R100
Kindervermaak (Onder 13) Toegang na die speel- en pretpark geriewe (Kindervermaak-area).
R50
Kinders (Onder 13) Gratis toegang vir kinders onder 13, uitgesluit toegang na die Kindervermaak area.
R0

Pakkette & Verblyf Groepe & Akkommodasie

VIP Tafel (10 Sitplekke) Bespreek jou eie tafel vir 10 persone met gereserveerde sitplekke en VIP voordele.
R20 000
Familie Pakket Ingesluit: 2 x Algemene Volwassenes, 2 x Onder 18, 2 x Onder 13 en 2 x Kindervermaak.
R650
Volwassene Bulk x10 (18+) Groeptransaksie vir 10 volwasse toegangskaartjies (R500 besparing).
R2 000
Koshuis Akkommodasie Basiese en rustieke verblyf in Hoërskool Zeerust hostel. Prys per kamer, per nag (2 beddens).
R300
Koop Musiekfees Kaartjies Skryf In vir MTB Challenge

Akkommodasie & Verblyf

Maak dit 'n Bosveld naweek! Bespreek vroegtydig jou verblyf by een van die pragtige wildsplase, lodges of gastehuise en verken Zeerust toerisme en die omliggende Marico-omgewing.

Wildsplase en Lodges

Wildsplase & Lodges

Kampering en Damme

Kampering & Damme

Koshuisverblyf (Op die terrein)

Vir diegene wat 'n basiese, rustieke en bekostigbare slaapplek naby die aksie soek, bied Hoërskool Zeerust verblyf in hul skoolkoshuis.

  • Beskikbaarheid
    Slegs Vry- & Saterdagaand
  • Koste
    R300 per nag
  • Hoërskool Zeerust Koshuis Zeerust (Feesterrein)
    Organiseerders Webtuiste Facebook
Bespreek Koshuiskamer

2025 Galery

Herleef die hoogtepunte en fantastiese herinneringe van verlede jaar se fees (MTB & Musiek).

Skryf In vir ons Nuusbrief!

Bly op die hoogte van al die nuutste feesaankondigings, reëls, verblyf-opsies en kunstenaar lineups reguit in jou inboks.

Kontak & Stalletjies

Kontak ons feesbestuur of doen aansoek vir 'n uitstallerspasie by die fees.

Bespreek 'n Stalletjie

Stalletjie-aansoeke vir Vlerkfees 2026 is nou amptelik oop. Handelaars en uitstallers kan aansoek doen deur die aansoekvorm af te laai en dit saam met produkbeskrywings en foto's te e-pos na ons stalletjie-koördineerder.

1. Laai Aansoekvorm Af:

Laai PDF Vorm Af

2. E-pos Voltooide Vorm Na:

vendors@vlerkfees.co.za

Meld asseblief jou produk-tipe, benodigde spasie (3m x 3m of groter), en elektrisiteitsbehoeftes in jou aansoek.

Follow the Vlerkfees channel on WhatsApp:

Volg ons amptelike WhatsApp-kanaal om die nuutste nuus en aankondigings direk te ontvang.

Follow WhatsApp Channel
Vlerkfees Kantoor
Algemene Navrae: info@vlerkfees.co.za
Sosiale Media:
Plek: Hoërskool Zeerust,
Jeanstraat 40b, Zeerust
Belangrike Kennisgewing: - Bring jou eie kampstoel saam vir die rugbyveld. - Geen kontantgeriewe beskikbaar op die day nie (slegs kaart). - Hekke vir die MTB-wedren maak reeds om 04:30 oop. - Musiekverhoog optredes begin om 12:00. - Kaartjies is slegs geldig indien gekoop via Open Tickets of MyActive.
MTB Inskrywing Feeskaartjie